ISBN: 9781776359967 | Published: January 27, 2023 | Paperback
Die kontrak
Die kontrak
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Die Kontrak is die eerste titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies. Kort nadat haar verloofde haar met haar vrouebaas verkul het, ontmoet Marike haar droomman. Brett is aantreklik, skatryk, en 'n beroemde draaiboekskrywer. Daar is net een probleem: Sy is met 'n kontrak aan hom verbind, een wat dit duidelik stel dat sy nie op hom verlief mag raak nie, maar dat sy mildelik vergoed sal word om sy minnares en muse te word. Hoe moeilik kan dit tog wees? Veral noudat sy besluit het om mans vir altyd af te sweer, en wild en wragtig in die oomblik te leef. Maar die hart sluit sy eie kontrakte, ongeag wat die verstand vir haar voorsê. Soos wat Marike meer tyd saam met die enigmatiese Brett deurbring, vat vonke tussen hulle vlam. Totdat hulle terugkeer van 'n stomende vakansie in Mauritius en hulself in 'n uiters netelige posisie bevind - en in 'n kontrak van 'n heel ander aard.
Author Erla Diedericks
Share
