Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776380817 | Published: February 17, 2025 | Soft Cover

Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag

Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag

Regular price R 330
Regular price R 0 Sale price R 330
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Boek 03.
Ou geraamtes en nuwe gevare. Mevrou Smit moet haar eie reëls neerlê om te oorleef ...
'n Vloed spoel 'n dekades oue geraamte op die oewer van die rivier oop en Aronspoort is weer vasgevang in 'n blyspel van intriges. Mevrou Smit wil die raaisel oplos voor sy weer paaie kruis met daardie lastige Kaapse speurder.
Intussen kry Hester die ystervark 'n maat en mevrou Smit se smeulende verhouding met dokter Tomas vat vlam. Maar dit is moeilik om op hartsake te konsentreer terwyl 'n moordenaar koelbloedig die verlede probeer toesmeer.
Skuil daar meer agter oom Apie se dood? Wat weet tannie Annatjie en haar heldersiende niggie Hanna? Was die vars sterfte op die dorp werklik 'n ongeluk? En kan die verhouding tussen mevrou Smit en dokter Tomas tot iets lei wat haar uiteindelik op Aronspoort sal anker?

View full details